Lindi Strydom (aktrise) dames tee

“Lindi Strydom die aktrise was by ‘n dames tee ons spreuker. Die funksie was ‘n liefdadigheidsfunksie. Dit is wat Lindi op haar facebook gese het: “Spoggerige opdollie-damestee op Oubaas De Jager se Perdekraal net buite Ermelo, maar ook kans vir ‘n (hoe-hakke-en-al) donkiekar rit! Dankie Anra vir hierdie eerste en baie dankie Annaliza Mentz vir ‘n pragtige oggend waarby 5 organisasies en projekte op die dorp baat! Was ‘n voorreg om deel te kon wees!” Annaliza Mentz die organiseerder van die funksie het die vir ons geskryf: “Perdekraal, die pragtige venue van Oom Oubaas & Tannie Marie de Jager, die “hart”van ons Lindie Strydom oggend. BAIE BAIE DANKIE vir die wonderlike “geskenk” Oom Oubaas en Tannie Marie om so ‘n spesiale oggend by so ‘n ongelooflike mooi venue te mag aanbied. Dit gaan ons “voelgoed, bederfoggend”EKSTRA spesiaal maak!”
Heibre Botha Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *